Die militante groep Boko Haram het op 5 November geweer- en bomaanvalle op kerke en polisiestasies in die noorde van Nigerië uitgevoer en 150+ mense doodgemaak en 100 ander beseer. Bevestiging het gekom toe bang roubeklaers probeer het om hul huise te verlaat om hul dooies te begin begrawe. Boko Haram wat Sharia-wetgewing regoor die land soek, het meer aanvalle belowe. Selfmoordaanvallers wat 'n nutsvoertuig bestuur het, het plofstof ontplof by 'n militêre eenheid wat ontplooi is om geweld hok te slaan. Polisiestasies, 'n bank en ses kerke is ook aangeval. Die Jerusalem-gebied, 'n oorwegend Christelike woonbuurt, is geteiken; elders het honderde jeugdiges betogings gehou nadat gewapende mans op 'n Christengemeente in die staat Kaduna losgebrand het; ook op 3 November is 'n dorpsgebedsbyeenkoms van hoofsaaklik vroue en kinders by die St. Augustine Katolieke Kerk aangeval wat twee mense dood gelaat het. Toe aanvallers geskiet het, het baie in die bos ontsnap.
Bid: dat Christene God se vrede sal ken en kalm en biddend sal bly terwyl hulle 'n nuwe dimensie van aanval op die Kerk in die gesig staar. (Mt.5:38,39)
Meer: http://www.worthynews.com/11052-scores-killed-in-attack-on-nigeria-churches-police