Aanvallers het 'n kerk in die dorpie Kyachi, Chibok, bestorm en Sondag 15 mense geskiet in die jongste geweld teen Christene. Nigerië se weermag het die voorval afgemaak, maar die amptenaar wat van die aanval gepraat het, is die streekskoördineerder vir die land se nasionale noodbestuursagentskap. Die aanval het gevolg op geweld Vrydag toe aanvallers die kele van 15 Christene afgesny het in 'n voor-dagbreek-klopjag in Musari, ook in die noordooste. Musari en Chibok is in Nigerië se Borno-staat geleë, waar Boko Haram gesetel is. Tydens 'n Oukersaanddiens het gewapende mans ses mense in die noordoostelike Yobe-staat doodgemaak, waarna hulle die gebou aan die brand gesteek het. Geweld wat verband hou met Boko Haram se opstand in die noorde en sentraal-Nigerië het glo sowat 3 000 mense dood gelaat sedert 2009. Terwyl die geweld in sekere gebiede hierdie Kersseisoen erg was, was dit minder bloedig as in 2011.
Bid: vir President Goodluck Jonathan terwyl hy probeer om Boko Haram-tirannie te beëindig, bid ook dat die Kerk gedurende 2013 versterk en aangemoedig word. (Ps.68:28)
Meer: http://dawn.com/2013/01/01/attackers-kill-15-at-nigerian-church-rescue-official/