Nigerië 2: Al-Kaïda bied aan om Moslems op te lei en te bewapen

Die leier van Noord-Afrika se Al-Kaïda-tak het opleiding en wapens aan Nigerië se Moslems aangebied om die Christene te beveg ná sektariese geweld. Abdelmalek Droukdel, leier van Al-Kaïda in die Islamitiese Maghreb, het Nigeriese Christene daarvan beskuldig dat hulle honderde Moslems in 'n 'Kruisvaarderoorlog' vermoor het en belowe om Moslem-jeugdes op te lei en hulle van wapens en toerusting te voorsien. Hy het Nigeriërs aangemoedig om 'jou seuns in die velde van Jihad te druk om die vegtende voorhoede te word ter verdediging van die Moslems se bloed en eer'. Geweld tussen Christene en Moslems in sentraal-Nigerië het laat verlede maand 326 mense dood gelaat.

Bid: dat wet en orde herstel word, dat Christene nie met verdere geweld sal vergeld nie, maar Christus-agtige liefde sal betoon.(Ps.17:7).

Meer: http://ausprayernet.org.au/newsletter/DisplayNewsletter.php?e_id=00000001889#st4