Eerw. Zang Tengong het gesê 'n godsdiensoorlog is aan die gang vir die siel van Nigerië en glo dat die sentrale stad Jos die frontlinie is teen Islam se uitbreiding suidwaarts. "Ek weet wat Jesus sê, maar Islam is 'n demoniese godsdiens en hierdie mense is baie gevaarlik - dit is 'n godsdienstige oorlog, ons sal veg tot die laaste druppel bloed." Soos baie ander Christelike leiers regoor hierdie stad is hy oortuig dat die kerk Jihad konfronteer; 'n eggo van die 19de-eeuse veldtog van Islamitiese verowering en bekering deur Usman Dan Fodio. Nelson Ananze van Community Action for Popular Participation het gesê: ''n Groot skeiding is tussen inheemse mense wat beweer dat dit hul grond is, en diegene wat hulle setlaars noem.' Moslems word nie besigheidskontrakte of inheemse vorms (reg op skool en staatswerk) gegee nie.
Bid: dat God sal ingryp in etnisiteitstryd, politieke magswedywering en godsdienstige spanning in wat eens 'n rustige kosmopolitiese stad was. (Ps.3:8)
Meer: http://www.irinnews.org/Report.aspx?ReportId=89243