Niger: Duisende dorpe getref deur ernstige voedseltekorte

Byna die helfte van Niger se bevolking het nie genoeg om te eet nie en die regering sê dit staar 'n graantekort van 692 501 ton in die gesig, ná nog 'n ernstige droogte regoor die Sahel. Die regering sê dit benodig 3,8 miljoen ton graan om ses miljoen mense te voed wat oor 6 981 dorpies versprei is, wat gelykstaande is aan 49,4 persent van die geaffekteerde sones. Boukanda, 'n dorpie met 'n bevolking van 1 000 sowat 50 km wes van die hoofstad Niamey, is tipies van baie onsekere dorpies wat grootliks deur hul jonger inwoners verlaat is. Die weerbare en jongmense van die dorpie het verkies om na groot stede of na die buiteland te vertrek. Slegs 'n paar 'ryker' families slaan sorghum in plaas van gierst, die belangrikste stapelvoedsel van die dorp. Hierdie mense het nog klein voorraad maar hulle sal nie lank hou nie. Boukanda-dorpshoof, Seyni Seydou, het gesê die reën het geëindig net toe die plante water nodig gehad het, en sprinkane en ander insekte klaargemaak het met die oeste.

Bid: vir die mense van Niger terwyl hulle honger en droogte in die gesig staar. Bid dat die reën sal kom en dat graanvoorrade diegene in nood sal bereik. (Op.7:16-17)

Meer: http://www.irinnews.org/report.aspx?reportid=94713