Irak: Biskop soek demokrasie

'Die VSA het 'n plig om vrede agter te laat, nie chaos wanneer troepe uiteindelik uit Irak onttrek nie. Ons begeer, ons vra, en ons skree vir vrede en veiligheid,' het die Chaldeese hulpbiskop Shlemon Warduni van Bagdad op 19 Augustus in 'n onderhoud met Vatican Radio gesê. Die laaste van die Amerikaanse gevegstroepe het vroeër vandeesmaand Irak verlaat en Operasie Iraqi Freedom formeel beëindig. Ongeveer 50 000 Amerikaanse troepe sal tot die einde van 2011 in Irak bly om voort te gaan met opleiding en bystand aan Irakse veiligheidsmagte. Biskop Warduni het gesê: 'Daar is geen werk nie; daar is motorbomme, kamikaze-aanvalle en dade van geweld.' Hy het ook kommer uitgespreek oor die politieke dooiepunt tussen Irakse leiers wat sedert die parlementêre verkiesings in Maart nie 'n regering kon vorm nie. 'Dit is baie moeilik om iewers te woon waar daar geen wet en geen regering is nie, terroriste-elemente trek voordeel uit die gebrek aan 'n stabiele sentrale gesag en kom en gaan soos hulle wil.'

Bid: dat demokrasie geleer en 'n sterk, stabiele regering gebore word (Jes.51:4)

Meer: http://www.catholicleader.com.au/news.php/features/troops-make-final-iraq-exit_60026