In die 1970's was Irak een van die beste lande in die Midde-Ooste en Noord-Afrika om 'n kind te wees, maar na dekades van oorlog en verwaarlosing is dit een van die ergste. Volgens die Irakse regering het byna 1 uit 3 kinders een of albei ouers verloor en ongeveer 600 000 kinders woon op straat. Kinderarbeid het toegeneem (15% van kinders onder 14 werk nou). Teen 2008 was meer as 2 miljoen kinders sedert 2003 ontheem. Kinders wat intern ontheem is, is dikwels slagoffers van misdaad, uitbuiting en ontvoering. Elke jaar sterf ongeveer 35 000 babas voor hul eerste verjaardag. Meer as 1,5 miljoen kinders onder die ouderdom van vyf is ondervoed; ongeveer 700 000 kinders is nie by laerskool ingeskryf nie. Duisende kinders is vermink deur die oorlog en daaropvolgende geweld. Baie het ledemate verloor, maar hul gesinne kan nie die mees basiese hulpmiddels soos krukke of rolstoele bekostig nie, wat nog te sê van prostese. Die regte van baie Irakse kinders om by familie en gemeenskap te wees, in goeie gesondheid en in toepaslike onderwys is deur oorlog geskend.
Bid: vir regerings om ondersteuning te bied aan diegene wat deur oorlog uitgebuit, vermink en of tot niet gemaak is. (Ps.72:4)