Maandag was die dodelikste dag van die jaar in Irak. Byna 100 Irakezen is dood in 'n reeks aanvalle. Die geweld het begin met verbyry-skietery en bomaanvalle by veiligheidskontrolepunte in Bagdad. Toe het twee motorbomme ontplof en terwyl mense saamgedrom het om die slagoffers te help, het ’n selfmoordbomaanvaller die skare buite ’n tekstielfabriek aangeval. Een getuie het gesê: 'Verskrikte mense het in verskillende rigtings gehardloop. Ek het dooie mense gesien, mense wat gebrand en huil, gewonde mense op die grond wat bedek was met bloedplase. Tientalle gewondes wat om hulp gevra het, het op die grond gelê.' Die regering beskuldig Al-Kaïda en die geweld stook toenemende vrees oor die land se politieke onsekerheid. Dit is twee maande sedert verkiesings daar en steeds geen nuwe regering in sig nie. Intussen sal die VSA die helfte van sy troepe oor die volgende vier maande onttrek.
Bid: dat God alle besluiteloosheid sal verwyder en sy keuse van regering en leierskap sal laat vestig. (Eks.18:21)
Meer: http://www.cbn.com/cbnnews/world/2010/May/Almost-100-Iraqis-Killed-in-Deadliest-Day-of-the-Year/