INSIG: Egipte se grondwet

Egipte se hoogste hof het beslis dat die hoërhuis, oftewel Shura Council, en 'n paneel wat 'n nuwe grondwet opgestel het, ongeldig is. Maar die hof het gesê die Shura sal eers ná nuwe verkiesings ontbind word. Verkiesings was veronderstel om in April plaas te vind, maar 'n aantal Islamiete van die Moslem Broederskap, die Vryheid en Geregtigheid Party, en die Al Nour Party het gesê verkiesings sou tot 2014 uitgestel word. Mnr Morsi se Vryheid en Geregtigheid party, die Moslem Broederskap se politieke vleuel, hou 42% van die Shura-raad se setels en kan maklik 'n meerderheid kry met steun van konserwatiewe bondgenote. Teenstanders sê die president het die raad gebruik om deur 'n Islamitiese agenda en wette te jaag wat te veel skuiwergate het. Daar was hoë sekuriteit by die hofgebou in die suide van Kaïro voor die jongste uitspraak. Die Geestelike gesig van Egipte is besig om te verander. Klik op die meer-knoppie vir insig in hierdie verandering.

Bid: dat die Koptiese Kerk (die grootste liggaam van Christene in Egipte) 'n getuie sal wees nie net vir die mense van Egipte nie, maar ook die Midde-Oosterse streek. (Ps.17:8,9, 15)

Meer : http://site.prayer-alert.net/index.php?option=com_docman&task=doc_download&gid=448&Itemid=93