INSIG: Egipte: Christen se lewe in die wiele gery

'n Egiptenaar wat Islam verlaat het om 'n Christen te word en gevolglik sy vrou, kinders en besigheid verloor het, wag om te sien of die regering nou sy vryheid sal wegneem omdat hy Islam 'beslaster' het. Ashraf Thabet (45) word daarvan aangekla dat hy 'n geopenbaarde godsdiens belaster het. Die aanklagte spruit uit Thabet se ses jaar lange soeke na geestelike betekenis wat hom uiteindelik gelei het om 'n Christen te word. Tydens sy soektog het hy sy twyfel oor Islam gedeel en ander vertel wat hy oor Jesus Christus leer. Plaaslike godsdiensowerhede, ontstoke oor Thabet se idees, het Egipte se staatsveiligheidsintelligensiediens in kennis gestel, en hy is gearresteer en van naamskending aangekla. As hy skuldig bevind word, sal hy tot vyf jaar tronkstraf opgelê word. Maar omdat aanklaers geen skuif gemaak het om die saak te verhoor nie, leef Thabet in limbo en is onderhewig aan 'n gereelde spervuur van doodsdreigemente van sy gemeenskap in die noordooste van Egipte. Lees die volledige storie by Vir insigte om gebed vir Egiptiese Christene te help, klik die 'inligting'-knoppie.

Bid: dat God se voornemens vir Thabet vervul sal word soos Hy hom vertroos, rig en beskerm. (Ps.119:86)

Inligting: http://www.prayer-alert.net/info/Egypt1.pdf