Indonesië: Die frontlinie teen radikale Islam

Sommige van die gevaarlikste internasionale terroriste-netwerke gebruik Indonesië as 'n basis om te werf, te beplan en op te lei vir aanvalle op Westerse teikens. Die Indonesiese regering loods verskeie veiligheidsoperasies wat daarop gemik is om die terreuraktiwiteit te verlam. Maar die stryd teen radikale Islamiete is nog lank nie verby nie. Banda Aceh, 'n stad 1 000 myl van Jakarta af is amper van die kaart gevee tydens die 2004 Indonesiese tsoenami. Ses jaar later het Banda Aceh teruggekeer. Die ekonomie floreer, toerisme is op, en buitelandse beleggings stroom in. Maar 'n groep Moslem-radikale het nou in die gebied ingetrek en 'n basis van bedrywighede opgerig. "Hierdie radikale groepe het gekom in die naam van ramphulp en sommige kon basisse oprig wat leipype geword het wat later Jihad-groepe gehelp het om op die been te bring," het Sidney Jones, 'n Amerikaanse terrorismekenner wat in Indonesië woon, verduidelik.

Bid: dat God die NRO-bedrywighede in Indonesië sal aanwend om ongeregtigheid in vermomming te beskaam en af te weer. (Job 12:22)

Meer: http://ausprayernet.org.au/newsletter/DisplayNewsletter.php