Duisende Christene het Kersfees in 'n wisselvallige gebied van Indonesië se Wes-Java-provinsie gevier, ondanks kommer oor meer aanvalle teen hulle. Minstens 5 000 aanbidders wat in die stad Bekasi woon, het glo in die onvoltooide St. Albertuskerk bymekaargekom vir 'n Kersaandmis, 'n week nadat dit deur 'n woedende Moslem-skare aangeval is. Christene het gesê honderde Moslems het verlede Donderdag, 17 Desember, die Islamitiese Nuwejaar begin deur die Katolieke Kerk aan te val, klippe te gooi en dit aan die brand te steek. Kristina Maria Rentetana, hoof van die kerkboukomitee, het aan verslaggewers gesê die skare het geskree 'vernietig dit' en dat 'selfs vroue wat babas dra' aan klipgooiery deelgeneem het. Die meeste skade is glo aan die tydelike veiligheidspos en die ontwikkelaar se kantoor aangerig. Die Indonesiese Komitee van Godsdienste vir Vrede het owerhede aangemoedig om veiligheid vir Christene te verhoog, wat 'n minderheid in hierdie hoofsaaklik Moslemnasie uitmaak.
Bid: vir die veiligheid en beskerming van gelowiges wanneer hulle op wisselvallige plekke aanbid. (Ro.8:35)
Meer: http://www.bosnewslife.com/10513-thousands-celebrate-christmas-in-indonesia-after-attacks