Indonesië: Vervolging tydens Kersfees

Indonesiese nasionale polisie sal sekuriteit in sewe hoofteikengebiede vir terreuraanvalle verhoog voor die Kersfees- en Nuwejaarsvieringe van 23 Desember tot 1 Januarie. Gedurende hierdie tydperk sal die polisie sekuriteit by die 38 499 geregistreerde kerke regoor Indonesië verhoog en sal sekuriteit op paaie, treinstasies, busterminale, toerismeterreine en winkelsentrums opskerp. Bid teen terroriste-aktiwiteite van militante met bande met Jemaah Ansharut Tauhid. Aangesien baie van die wêreld elke jaar gevaarliker word vir Christene, trotseer baie in die kerk die bedreiging van terroriste-geweld deur as 'n gemeenskap van gelowiges te aanbid.

Bid: dat in hierdie seisoen van groot vreugde en vrede dat spanning en twis nie met Christelike vieringe mag inmeng nie. (Ps.46:9-11)

Meer: http://www.thejakartaglobe.com/home/national-police-beefing-up-security-for-xmas-new-year-period/561390