Indonesië: Sendingskool aangeval

'n Skare van ongeveer 85 Moslems het 'n sendingopleidingskool aangeval ná 'n gebedsbyeenkoms in Wes-Java. Hulle het elke klas en die woonkwartiere oorval en prente van Jesus verwyder. Hulle het aan die personeel gesê die skool moet gesluit word. Geen studente was op die perseel nie aangesien die skool nie daardie dag in sessie was nie. Verskeie polisiebeamptes en soldate het die skare vanaf 'n nabygeleë militêre basis vergesel en bure het hulle nie as plaaslike inwoners herken nie. Die skool is in 1999 gestig om evangeliste in Indonesië op te lei en het 'n goeie verhouding met sy bure. Sendingleiers poog om die voorval op te volg in die hoop om verdere geweld te voorkom. Die leiers het ook Indonesiese Christene aangemoedig om nie wraak te neem nie, maar om kalm te bly en te bid.

Bid: vir ware godsdiensvryheid in Indonesië en dat God Moslem-radikale sal seën met 'n openbaring van Jesus Christus. (Ps.45:4)

Meer: http://www.persecution.com.au/news.asp?pid=1&id=808