Die grootmufti van die Kasjmir-streek het 'n video van YouTube gebruik wat wys hoe ds Khanna sewe jong Moslem-mans en -vroue doop om die dominee te laat arresteer. Die video is deur ander aanlynplatforms gekoppel wat 'n stortvloed van verbale aanvalle teen die geestelike uitgelok het. Vroeg in November het die grootmufti ds Khanna van All Saints Church gedagvaar om voor 'n Sharia-hof te verskyn wat daarvan beskuldig word dat hy Moslems bekeer het in ruil vir geld. Die grootmufti het die polisie gebel wat hom toe gearresteer en later die sewe mans en vroue wat in die video was gearresteer. Volgens getuies het die polisie die sewe geslaan om teen die pastoor te getuig. Die Jammu Christian Federation het 'n beroep op die regering gedoen om die pastoor vry te laat, aangesien die toedien van die doop op instemmende volwassenes sy prerogatief is. "Die regte van Christene word opgeoffer op die altaar van politieke opportuniteit en gerief," het die Global Council of Indian Christians gesê.
Bid: dat Indiese Christene steeds geregtig sal wees op minderheidsregte en dat shariahowe nie wette op Christene sal afdwing nie. (Spr.3:27)
Meer: http://www.asianews.it/news-en/Kashmir-pastor-arrested-for-baptising-seven-Muslims-23237.html