Indië: Pastore aangehou omdat hulle Hindoes 'bekeer' het

'n Dosyn kerkleiers het Dinsdag, 13 April, meer as 'n week agter tralies gebly nadat veiligheidsmagte hulle in Indië se suidelike deelstaat Karnataka aangehou het op aanklag van 'kragdadige bekering' van Hindoes, het 'n groot evangeliese groep gesê. Die Evangelical Fellowship of India (EFI), wat evangeliese Christene en kerke verteenwoordig, het gesê die 12 pastore is op 6 April in die distrik Kodagu aangehou nadat Hindoe-ekstremiste 'n polisieklag teen die Christene ingedien het oor kragtige bekering. Die Hindoe-militante en verskeie polisiebeamptes het glo by die huis van 'n Christen ingevaar waar die pastore 'n gebedsbyeenkoms gehou het. Die ekstremiste het die pastore van kragtige bekering beskuldig en hulle na die polisiestasie geneem vir ondervraging. (Sien Gebedswaarskuwing 1410)

Bid: vir die kerk en sy leiers in Indië dat God hulle sal toerus vir die stryd. (Heb.13:20-21)

Meer: http://www.worthynews.com/7958-india-state-detains-pastors-for-converting-hindus