Indië: Pastoor en gelowiges aangeval

Twintig Bajrang Dal-aktiviste het pastoor Kamalesh en meer as vyftig gelowiges by 'n gebedsbyeenkoms in 'n in Bakli Village 55 kilometer van Raipur Chattisgarh af aangerand. Mans vroue en kinders het op 22 Julie 'n gebedsbyeenkoms by 'n huis in 'n krotbuurt bygewoon, en tydens die gebede het twintig gewapende mans van Bajrang Dal hulself openlik geïdentifiseer en die pastoor en gelowiges gedreig. Hulle het Kamalesh beskuldig van proselitisering, die ontheiliging van afgode en die laster en lastering van hul gode en godinne. Die oortreders het die pastoor en die gelowiges beveel om lofsange te sing wat Hindoe-gode en -godinne prys – die gelowiges het geweier om te gehoorsaam. Die radikale het die gemeente 45 minute lank gepynig en toe vertrek; maar voor hulle vertrek het hulle die vroue gedreig dat hulle nie sal huiwer om hulle te skend as hulle aanhou om Jesus Christus te volg nie.

Bid: dat God Sy Kerk in Indië sal opbou en bemagtig terwyl hulle toenemende anti-Christelike geweld in die gesig staar. (Jes.62:10)

Meer: http://www.persecution.org/2012/07/30/radicals-threaten-to-rape-christian-women-in-indian-village/