Kerkleiers in Ethiopië vra Christene oral om saam met hulle te bid vir die Ethiopiese kerk in die aanloop tot die nasionale verkiesing op 23 Mei. Histories was die voorverkiesingstydperk 'n tyd van toenemende moeilikheid vir die kerk. Misdaadvlakke styg en regsprosesse vertraag namate regeringsamptenare besig is om stemme vir hul politieke party te kry. Diegene wat die Christelike geloof teëstaan, gebruik dikwels hierdie geleentheid om kerkgeboue aan te val, en Christene wat weens valse beskuldigings gearresteer word, sal dalk langer moet wag voordat hulle hul saak in die hof kan verdedig. Kerkleiers staar ook groter druk in die gesig, baie burgerlikes vrees 'n herhaling van die 2005 politieke geweld. Geopende Deure het ons gevra om te bid vir vreedsame en regverdige verkiesingsprosedures, dat God se wil geskied en dat die uitkoms nie bloedvergieting tot gevolg sal hê nie. Bid: vir die beskerming van Christene wat in vervolgingsbrandpunte geleë is en dat hulle God se krag en vrede sal ken. (Jes.49:8) Meer:http://www.opendoorsuk.org/pray