Minstens een Christen is dood en ander beseer toe duisende Islamitiese ekstremiste die afgelope vyf dae 59 kerke en ten minste 28 huise in die weste van Ethiopië aan die brand gesteek het, het Christenleiers gesê. Meer as 4 000 Christene in en om Asendabo, Jimma Zone is verplaas as gevolg van aanvalle wat Woensdag (2 Maart) begin het nadat Moslems 'n Christen daarvan beskuldig het dat hy die Koran onteer het deur 'n afskrif op te skeur, het bronne gesê. 'Die gruweldaad is steeds aan die gang, en meer mense ly,' sê 'n bron in Addis Abeba wat in noue kontak met gebiedskerkleiers is. Die Christen wat vermoor is, wat vermoedelik 'n lid van die Ethiopiese Ortodokse Kerk was, is nog nie geïdentifiseer nie. 'n Pastoor gebaseer in die Ethiopiese hoofstad Addis Abeba het opgemerk dat evangeliese kerkleiers die aanvalle by owerhede aangemeld het en amptenare om hulp gevra het, maar geen stappe is teen druktyd gedoen nie.
Bid: vir die beskerming van die Ethiopiese Kerk teen hierdie aanvalle. (Ps.59:4)
Meer: http://www.opendoorsusa.org/persecuted-christians/persecuted-christians-news/2011/March/One-Dead-as-Islamist-Mobs-in-