Ethiopië: Christene in nood nadat hulle van geweld gevlug het

Ongeveer 10 000 Christene het uit hul huise in die weste van Ethiopië gevlug ná aanvalle deur Moslem-ekstremiste. Moslems in Ethiopië het tradisioneel vreedsaam saam met Christene geleef, maar sommige Moslems word geradikaliseer deur predikers van Saoedi-Arabië en Pakistan wat 'n aggressiewe vorm van Islam bevorder. 'n Personeellid van die Barnabas Fonds het gesê: 'Die manier waarop Christene deur radikale Islamiete geterroriseer is, is werklik skokkend.' Minstens drie Christene is dood en vele meer beseer in Asendabo, 'n oorwegend Moslem-gebied, nadat Moslems 'n Christen daarvan beskuldig het dat hy 'n afskrif van die Koran onteer het. Vyf-en-vyftig kerke en dosyne huise is aan die brand gesteek, en eiendomme is geplunder deur duisende Islamitiese skares. Kerke in Jimma-stad is oorweldig deur die 10 000 ontheemde Christene wat dringend voedsel, medisyne, skuiling, komberse, klere en veiligheid benodig.

Bid: dat God diegene in nood sal beskerm en voorsien en diegene wat ondersteuning gee, sal versterk. (Ps.119:87)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/thousands.of.ethiopian.christians.in.need.after.fleeing.violence/27651.htm