Eritrea: Voortgesette arrestasies en tronksterftes

Geopende Deure-verslag Pastoor Gebreab (35) het 18 dae gelede verdwyn en niemand kon by plaaslike owerhede uitvind waar hy hom bevind nie. Hy is getroud met 'n 8-jarige seun en 'n babadogter. Die regering het onafhanklike Protestantse kerke in 2002 gekriminaliseer – geboue gesluit en alle vergaderings selfs in privaat huise verbied. Meer as 2 000 Eritrese Christene, insluitend dosyne pastore en kerkleiers, bly in die tronk, het regsadvies of verhoor geweier en is onderwerp aan erge marteling vir hul geloof. Senaiti Habta is verlede maand aan langdurige bloedarmoede en malaria dood. Sy is saam met 14 ander in 'n metaalskeepsvraghouer opgesluit in verstikkende hitte gedurende die dag en ysige temperature in die nag, ontneem van vars lug, sanitasie en mediese aandag. Volgens plaaslike bronne het amptenare haar vryheid en mediese aandag gebied as sy haar Christelike oortuigings sou terugtrek, maar sy het geweier.

Bid: dat gevangenes en hul gesinne God se vrede, krag, liefde en genade sal ken om te verduur om 'n kragtige getuie vir Christus te wees. (Gal.2:20)

Meer: http://www.opendoorsuk.org/resources/wwl.php?country=09