Eritrea: Einde van die jaar suiwering van Christene

Veiligheidsmagte in Eritrea het in die aanloop tot Kersfees begin met 'n kragtige onderdrukking van Christene. Die ontdekking van besonderhede oor die ondergrondse kerk het veiligheidsmagte in staat gestel om alle gelowiges en hul gesinne te jag. Sowat 40 mense is aangehou met die soektog na ander wat voortduur. Onder diegene wat in hegtenis geneem is, is 'n jong egpaar wat na die swakkes en behoeftiges in hul omgewing omgesien het; hulle was gedwing om hul eenjarige seun agter te laat. Tussen 2 000 en 3 000 Christene is in die tronk weens hul geloof. Hulle word vir onbepaalde tyd aangehou in haglike toestande wat ontwerp is om hulle te dwing om hul geloof te herroep, sonder enige formele aanklag of verhoor. Hulle word uitgehonger, ontneem van mediese aandag, word aan slae onderwerp, gruwelike marteling of gevange gehou in metaal skeepshouers, wat bedags warm bak en snags vries.

Bid: dat God die ondergrondse Kerk Sy beskerming en wysheid sal gee terwyl hulle hul wandel met Jesus Christus voortsit. (Ge.28:15)

Meer: http://dynamic.csw.org.uk/article.asp?t=news&id=925&rnd=0.3931085