Daar word berig dat twee Christene in aparte Eritrese tronke gesterf het nadat hulle mediese behandeling geweier is te midde van 'n hernieude onderdrukking deur die owerhede teen ongeregistreerde kerke. Een van die martelare was 'n 27-jarige vrou wat gearresteer is vir die lees van 'n Bybel in haar slaapkamer. 'n Nuwe vlaag van klopjagte het gesien dat meer as 100 Christene aangehou is. Een-en-veertig mense van Asmara is in die tronk opgelê en het na bewering slae verduur. Die volgende dag is 27 gelowiges van verskeie ondergrondse kerke naby Asmara deur die veiligheidsmagte byeengeroep. In Januarie is vyf-en-dertig Christene, waaronder vyftien vroue en twee bejaarde mans met swak gesondheid, van 'n huiskerkbyeenkoms in Nakfa gevange geneem. Hierdie aanslag op Eritrese Christene het begin rondom die tyd van die Tunisiese opstand. Waarnemers meen die huidige wanorde in Noord-Afrika en die Midde-Ooste kan president Isaias aanspoor om sy greep op mag te verstewig wat lei tot 'n selfs erger vervolging van ongeregistreerde Protestantse Christengroepe
Bid: die duisende wat sonder verhoor gevange geneem is, sal God se teenwoordigheid ken, en die Noordelike onrus sal nie Eritrese Christen se toestande vererger nie. (Ps.20:1)