Iran se opposisieleier hoop dat Egipte se betogings die verandering bring wat Iran tot dusver ontduik het toe hy die opstande in Egipte, Tunisië en Jemen vergelyk het met Iran se onluste ná 2009 se presidensiële verkiesing. Iranse heersers in die harde lyn vergelyk egter 2011 met die Islamitiese Revolusie van 1979 wat die Sjah met geestelikes vervang het. In die klimaat van verandering regoor die streek is daar moontlike geleenthede vir demokrasie en Christelike waardes om outokratiese regerings te vervang. Daar is ook 'n groot gevaar dat radikale Islamitiese groepe geleenthede kan aangryp in die onrus wat oor die Midde-Ooste versprei, en regimes kan vestig wat vergelykbaar is met Gasa of Iran. Jemenitiese betogers met soortgelyke griewe sal Donderdag straatprotes in 'n 'Dag van woede' hê. Christene kan bid dat nadat die stof van al hierdie skudding gaan lê het, die kerk versterk sal na vore kom en nuwe vryheid sal ervaar om Christus se liefde uit te druk, en vir 'n vars uitstorting van God se Gees in gebiede waar Christenskap voor Islam bestaan het.
Bid: dat die krag van radikale Islam geskud en donker agendas ontbloot word, sodat nasies lig en vryheid kan ervaar. (Ro.4:16)
Meer: http://uani.com/eaIllR