Egipte: Kerk vernietig en 'versoening' 'n skyn

Christene en regte-aktiviste het frustrasie uitgespreek oor die verspreiding van anti-Christelike geweld in Egipte nadat 'n ander kerk deur Moslems vernietig is in 'n aanval wat verskeie gelowiges effens beseer het. Honderde het klippe gegooi en die 20 jaar oue St. Georgas Koptiese Kerk aan die brand gesteek wat 200 gesinne bedien het. Plaaslike Moslems het beweer die kerk is 'onwettig' en moes gesloop word vanweë sy nabye ligging aan 'n grootliks Moslem-buurt. Onlangs is 'versoeningsvergaderings' gereël oor soortgelyke vervolgingsaanvalle. Dit is tradisionele vorme van konflikoplossing wat deur owerhede gereël is om spanning tussen Moslems en Christene te verlig. 'n Onafhanklike voorspraakgroep het gesê 'Die regte van Christene, wat nou feitlik nie in Egipte bestaan nie, word by verpligte versoeningsvergaderings byna van hulle ontneem. Uit die aard daarvan word vergaderings gebruik om diegene wat verantwoordelik is vir aanvalle te verskoon en blaam op slagoffers te verskuif, wat bydra tot Egipte se klimaat van straffeloosheid en verdere aanrandings aan te moedig.'

Bid: Egiptiese amptenare sal aanvalle op Christene en kerkgeboue regverdig en eerlik ondersoek. (Mt.16:18)

Meer: http://vineoflife.net/2013/02/19/egypt-christians-tense-after-muslim-mob-destroys-church/