In die nasleep van die opspraakwekkende saak van Rimsha Masih, 'n 14-jarige Pakistanse Christenmeisie wat gearresteer is omdat sy na bewering die Koran gelaster het, staar twee Koptiese Christenseuns hierdie week soortgelyke beskuldigings in Egipte in die gesig. Nabil Nagy Rizk (10) en Mina Nady Farag (9) is Woensdag gearresteer vir die belediging van Islam, maar die prokureur-generaal het beveel dat albei seuns die volgende dag vrygelaat moet word "weens hul jong ouderdom." Albei families het ingestem om terug te keer na die hof vir ondervraging, maar die seuns
is voorheen in 'n jeugdetensiesentrum geplaas om Sondag vir hul verhoor af te wag. Die dorpsimam het die kinders daarvan beskuldig dat hulle bladsye van die Koran opgeskeur het. Ander berigte sê die seuns het ook op die bladsye geurineer, maar die polisiehoof het gesê niemand het dié voorval gesien nie. Volgens Ahram Online sê Nabil se pa, Nagy Rizk, die seuns is ongeletterd en het nie geweet wat die inhoud is van die papiere wat hulle in 'n sak naby 'n hoop straatvullis gevind het nie.
Bid: vir die beskerming van kwesbare jongmense teen klaarblyklike valse beskuldigings. (Eks.20:16)
Meer: http://blog.christianitytoday.com/ctliveblog/archives/2012/10/coptic_children.html