Egipte: 100 000 Christene het sedert Maart vertrek

In 'n patroon wat volg op die uittog van Christene uit verskeie Midde-Oosterse lande, het 'n gerapporteerde 100 000 Koptiese gelowiges Egipte verlaat sedert die uitsetting van president Hosni Mubarak. Die verslag oor emigrasie van Christene is aan die Egiptiese kabinet en die Hoogste Raad van die Gewapende Magte gestuur en waarsku dat hierdie emigrasie aangespoor is deur die toenemende intimidasie en aanvalle op Christene deur Islamiete. Emigrerende Kopte uit professionele en besigheidsklasse word nie aangespoor deur hul behoefte aan werk nie, maar uit vrees vir die harde lyn Salafiste. Grondwetlike wysigings en Salafistiese voorneme om Hudud-wette te implementeer (Sharia-gebaseerde strawwe, wat doodstraf deur swaard/kruisiging, steniging, amputasie en geseling insluit). Kopte moet ook die jizya (belasting wat nie-Moslems aan die staat betaal word) betaal omdat hulle nie eersteklas burgers is nie en nooit volle burgerskapregte kan geniet, of sensitiewe poste kan bekom nie. Ook kerke word aangeval en Christene vermoor.

Bid: vir beskerming en voorsiening vir Egiptiese Kopte en deur 'n toekoms van hoop binne 'n demokratiese grondwet. (Spr.23:15)

Meer: http://www.assistnews.net/Stories/2011/s11090177.htm