Egipte: 3000 Moslems val Christenhuise en winkels aan

'n Skare van meer as 3 000 Moslems het Kopte in die dorpie Kobry-el-Sharbat (el-Ameriya), Alexandrië, Egipte, aangeval. Koptiese huise en winkels is geplunder voordat dit aan die brand gesteek is. Twee Kopte en 'n Moslem is beseer. Die geweld het begin nadat 'n gerug versprei is dat 'n Koptiese man 'n na bewering intieme foto van 'n Moslemvrou op sy selfoon gehad het. Die Koptiese man, Mourad Samy Guirgis, het hom aan die polisie oorgegee vir sy beskerming. Vader Boktor Nashed van St George's Church in el-Nahdah, het gesê dat 'n vergadering tussen Moslem- en Christenverteenwoordigers veronderstel is om in die aand in Kobry-el-Sharbat plaas te vind. Maar teen 15:00 het 'n Moslem-skare die huis van Mourad Samy Guirgis geplunder en afgebrand, sowel as die huis van sy uitgebreide familie en drie huise van Koptiese bure. ’n Aantal winkels en besighede in Koptiese besit is ook geplunder en afgebrand.

Bid : vir die gelowiges terwyl hulle deur oorgang binne die nasie gaan en dat hulle geleenthede sal vind om sonder konflik saam te leef en saam te werk. (Spr.10:12

Meer: http://www.assistnews.net/Stories/2012/s12010154.htm