Egiptenare het president Hosni Mubarak tydens 'Arabiese Lente' uit hul amp verdryf. Revolusionêres is terug met krete van 'Verlaat, vertrek, president Morsi.' Die ekonomie is aan flarde, 90% van die 45 miljoen onder 30 is werkloos en Europese moondhede is huiwerig om finansiële hulp te verleen totdat die maatskaplike onrus bedaar. In die agtergrond van elke openbare debat is godsdiens. Die Amerikaanse en Europese moondhede het hul oë verblind vir die fundamentele aard van die Midde-Ooste; druk tussen die Islamitiese meerderheid en die Christelike minderheid is besig om 'n kookpunt te bereik. Christene het veral die swaar hand van Mubarak se polisie (of hul afwesigheid) gevoel wanneer hulle deur ekstremiste aangeval word. Christene is afgedank, onderwys geweier, geteister en vermoor op grond van hul geloof, wat hulle op amptelike regeringsdokumente moet verklaar. Dit sal 'n tragedie wees as Egipte se Christene gedwing word om te vlug na 1 300 jaar van suksesvolle naasbestaan met hul Moslem-bure.
Bid: vir 'n moderne, progressiewe Egipte. (Spr.2:10-12)
Meer: http://www.christianpost.com/news/egypts-christian-winter-89885/