Libanon se nasionale eenheidsregering het in duie gestort nadat 11 ministers van Hezbollah en sy bondgenote bedank het. Gibran Bassil, minister van energie, het gesê die besluit is aangespoor deur 'n dispuut oor die VN-tribunaal wat die moord op voormalige premier Rafik Hariri ondersoek. Die aankondiging het gekom toe premier Saad Hariri, sy seun, die Amerikaanse president Barack Obama in Washington ontmoet het. Spanning was hoog in Libanon, te midde van aanduidings dat Hezbollah-lede deur die VN-tribunaal aangekla kan word. Die Kanadese uitsaaier, CBC, het in November berig dat bewyse wat deur die Libanese polisie en die VN ingesamel is, 'oorweldigend daarop dui dat die sluipmoordenaars van Hezbollah afkomstig was'. Hezbollah het enige voorstel van betrokkenheid by die sluipmoord verwerp. Sy leier, Hassan Nasrallah, het die tribunaal 'n 'Israeliese projek' genoem en gewaarsku teen ernstige gevolge as dit sy volgelinge aankla.
Bid: teen enige geweld in Libanon en 'n vrylating van hierdie politieke dooiepunt. (Spr.15:18)