Terwyl wêreldwye aandag gefokus bly op opstande in die Midde-Ooste, sal Christene regoor die wêreld op Sondag, 13 Maart, vir die land Birma, ook bekend as Myanmar, bid. Birma se militêre regime het omtrent elke menseregte-gruweldaad wat denkbaar is teen etniese minderhede en Christene gepleeg. Regeringsaanvalle gedurende die afgelope 18 maande het meer as 100 000 etniese Chin-Christene na die naburige Indië laat vlug. In die algemeen woon 'n geraamde 200 000 etniese Birmaanse in vlugtelingkampe. Meer as een miljoen is intern verplaas. Sendeling David Eubank het in 1996 die pro-demokrasieleier en Nobelpryswenner Aung San Suu Kyi ontmoet. Haar versoek? Sy het hom gevra om vir Birma te bid. In reaksie hierop het Eubank 'n jaarlikse wêreldwye dag van gebed vir die nasie die volgende jaar begin en 'n humanitêre noodlenigingsgroep genaamd die Free Burma Rangers gestig. "Die meeste van ons mense is gelowiges en ons werk is om onmiddellike hulp te gee," het hy gesê.
Bid: vir die mense van Birma dat God sal ingryp en vryheid vir alle mense bring. (Jes.59:1)
Meer: http://www.cbn.com/cbnnews/world/2011/March/Free-Burma-Prayer-is-the-Air-We-Breathe/