Protestantse kerkleiers in Bolivia verwerp 'n nuwe wet wat volgens hulle godsdienstige oortuigings in stryd met hul eie afdwing en hulle die reg ontsê om 'n kerk te wees. Gevolglik beoog die National Association of Evangelicals of Bolivia om hierdie week 'n saak aanhangig te maak en beweer dat Wet 351 ongrondwetlik is en eis dat dit herroep word, volgens Morning Star News. Wet 351 stipuleer 'n gestandaardiseerde administratiewe struktuur vir alle godsdienstige organisasies wat kerke sal dwing om hul ware kerklike tradisies te verraai, het regsadviseur Ruth Montano aan Morning Star News gesê. Die wet vereis dat alle kerke en nie-winsgewende organisasies hul wettige handveste by die regering moet herregistreer; hierdie proses vereis data oor lidmaatskap, finansiële aktiwiteit en organisatoriese leierskap. Protestantse leiers beweer dat die nuwe wet die Boliviaanse regering regulatoriese mag gee oor die interne aangeleenthede van hul denominasies tot die punt om te definieer wat 'n kerk is en nie.
Bid: vir die Kerk in Bolivia dat dit aan die vereistes van Wet 351 sal kan voldoen. (Jes.44:3)
Meer : http://www.worthynews.com/12566-new-bolivian-law-to-control-churches-beliefs