’n Maand van uitreik deur Suid-Afrikaanse Christene in gebiede waar voorvadergeesaanbidding baie sterk is, is geseën met 2 600 mense wat hul lewens aan Christus gee. Prys die Here! Die organiseerders van hierdie uitreik het gevra vir gebed vir die nuwe Christene wat dissipline nodig het om die leiding van God se Heilige Gees te ken. Bid ook vir die plaaslike kerke wat onder baie moeilike omstandighede werk met geen gereelde finansiële inkomste nie, sommige sonder vervoer wat lang afstande tussen dorpe stap om opvolgbesoeke aan beesposte en klein gehuggies te doen. Hulle doen dit omdat hulle glo en weet dat daar die ewige lewe na die dood is en hulle wil hulle mense oor hierdie dinge lei en leer. Bid dat God hulle die moed en uithouvermoë sal gee om aan te hou werk in die Here se oesland.
Bid: dat Afrika se mees stabiele land met relatiewe vryheid van korrupsie en goeie menseregterekords kragtige geestelike herlewing sal beleef. (Jes.44:2-4)