Bangladesj: Christen-aktivis skuil in Hong Kong

Hy is weens sy Christelike geloof gemartel, maar wou steeds 'die liedere van Dawid sing'. Hy was naak, maar 'Jesus Christus' het hom 'met Sy Liefde' beklee. Woorde van die Christenregte-aktivis William Nicholas Gomes, 'n voormalige Moslem wat gevlug het van die polisie en Islamitiese ekstremiste in sy geboorteland, Bangladesj. Gomes het Donderdag 25 Augustus bevestig dat hy nou in Hong Kong woon. "Ek het 'n visum vir ses maande ontvang." Maar die jong man mis sy jong vrou en twee klein seuntjies. 'Ek is bang dat Moslem-fundamentaliste iets sleg aan haar sal doen en my jong seuns sal doodmaak. Hulle het reeds ons huis aangeval,' het hy bygevoeg in 'n uitgebreide onderhoud met BosNewsLife. Gomes het gepraat nadat 'n hooggeregshof in Bangladesj glo die polisie en woedende Moslems op Woensdag 24 Augustus beveel het om op te hou om sy gesin in die hoofstad Dhaka te teister. 'Maar ek dink nie dit sal help nie, aangesien daar geen regstaat in Bangladesj is nie,' het hy gewaarsku.

Bid: vir die beskerming van die Gomes-familie en dat die owerhede by hulle woord sal staan. (Ps.5:11)

Meer: http://www.worthynews.com/10918-tortured-bangladesh-christian-activist-hiding-in-hong-kong