Bangladesj: Boeddhistiese ekstremiste neem Christene vas

Boeddhistiese lede van 'n gewapende rebellegroep en hul simpatiseerders hou sedert 16 April drie stamchristene gevange in 'n pagode. Hulle is erg geslaan om hulle te probeer dwing om na Boeddhisme terug te keer. Pastoor Shushil Jibon Talukder van 55 jaar oud is byna doodgeslaan; Bimol Kanti Chakma aged 50; en Laksmi Bilas Chakma (40) is ook erg geslaan en al drie sal vir 15 tot 20 dae in 'n pagode gehou word as straf vir die feit dat hulle die Boeddhistiese godsdiens verlaat het, het 'n Christelike bron gesê. Plaaslike Boeddhiste word as magtig beskou aangesien hulle bande het met die United Peoples Democratic Front, 'n gewapende groep in die heuweldistrikte. Nadat die mans die volgende dag gevange geneem is, het die gewapende ekstremiste beslag gelê op alle komberse, Bybels en liedereboeke van die Maddha Lemuchari Baptiste Kerk en toe die gemeente gedwing om die Kerkgebou met hul eie hande te sloop.

Bid: dat die gevangenes 'n kragtige aanraking van die Heilige Gees met vertroosting en innerlike krag sal ontvang en dat die gemeente ook in hierdie tyd God se omhelsing sal ervaar. (Jes.66:24)

Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/bangladesh/17879/