Kinders van Bengaalse gelowiges uit Moslem-agtergrond is kwesbaar. Hulle is 'n minderheid in hul gemeenskappe en om as Christene geïdentifiseer te word, hou gevaar in vir hul lewens en hul toekoms. Wanneer hulle na skole gaan, word hulle deur klasmaats en onderwysers uitgetart, geboelie en onder druk geplaas. Die twaalfjarige Urmi het in 'n hoofsaaklik Moslem-dorpie gewoon. Sy het haar geloof verborge gehou so lank as wat sy kan onthou. "Ek het baie vriende op skool," sê Urmi, wat aan 'n gesin van ses behoort het. 'Die onderwysers is goed en vriendelik met my. Maar hulle weet nie dat ek en my gesin Christene is nie. My onderwyser woon in ons dorpie en sy weet dat ons Christene is, maar ek dink nie sy sal dit vir ander vertel nie. Bid vir ons - As mense (in ons dorp) uitvind, kan hulle ons doodmaak,' het Urmi bygevoeg.
Bid: vir Moslem-agtergrondgelowiges in Bangladesj dat God hulle vrymoedigheid en beskerming sal gee terwyl hulle hul geloof beoefen en deel. (Hand.4:29)
Meer: http://www.opendoorsuk.org/resources/persecution.php?country=bangladesh