Twee onlangse voorvalle het priesters en kweekskoolstudente erg geslaan. Op 5 Junie het Moslem-ekstremiste na Tumilia-sending gegaan en ds. Abel toe hy uit sy kamer kom. Sommige sê hulle het gegaan met die doel om die eiendom te beroof, maar International Christian Concern bevestig dit was 'geteikende vervolging deur Moslems op Christene'. Op 6 Junie het 'n Moslemman gesterf aan 'n hartaanval tydens 'n konflik oor betreding deur Moslems op Christelike grond om mango's te steel. Die Moslems het die Christene vir die man se dood blameer en die hele dorp aangeval. Twee dorpenaars het na die Katolieke Kerk se sendingkompleks gevlug. ’n Moslem-skare van 100+ gewapen met wapens het die kompleks bestorm. Die polisie het sommige Christene gearresteer, maar het geen stappe gedoen teen die Moslems wat Katolieke grond oortree het nie. Die priesters is bang om enigiets teen die oortreders te doen. Moslem-ekstremiste word deur die Moslem-regerende party beskerm.
Bid: vir die Bangladesj Christene wat sonder sekuriteit van die regering leef, bid God se beskerming oor hulle. Bid vir 'n einde aan aanvalle op godsdienstige minderhede in Bangladesj. (Ps.102:28)
Meer: http://www.charismanews.com/world/39906-hundreds-of-muslims-attack-christians-in-bangladesh