Pinkstermense en Charismate raak ernstig oor politiek

Twaalf Pinkster- en Nuwe Kerk-netwerke kombineer hul pogings om hul menings politieke invloed te gee. Verteenwoordigers van die kerke het senior Christelike politici en ander Christelike drukgroepe ontmoet om te bespreek hoe hulle beter invloed in die politiek kan kry. Die kerkgroeperings sluit in die Elim Pinksterkerk, Assemblies of God, NewFrontiers, Pioneer en Vineyard. Hulle glo dat tot dusver net die tradisionele denominasies 'n gehoor in die Parlement kry en dat 'n groot aantal Christene in die land nie erken word nie. Hulle wil LP's help om die sienings van hierdie gelowiges te waardeer. Elke netwerk het sy eie bekommernisse en sal mense aanstel om hulle by LP's te verteenwoordig, maar die kerke beplan om saam te werk oor kwessies soos sosiale geregtigheid, die omgewing, diversiteit en gelykheid, en die gesin.

Bid: dat God se mense sal aanhou saamwerk om die politieke arena te beïnvloed. (Fil.4:1)

Meer: http://www.biblesociety.org.uk/newswatch.html#church4