Pinkster – die Kerk se Oerknal-oomblik

Kersfees en Paasfees het tereg prominente plekke in die Kerkkalender. Jesus se geboorte, dood en opstanding moet behoorlik gevier word, maar die plek van Pinkster is ewe belangrik. Sonder daardie tydstip toe die Heilige Gees op Jesus se volgelinge neergedaal het terwyl hulle geduldig na sy hemelvaart gewag het, sou hulle 'n groep verwarde en vreesbevange mense gebly het. Dit was die Kerk se Oerknal-oomblik. Pinkster is 'n herinnering dat die Heilige Gees met krag beweeg en dat sonder dat die Gees deur ons werk, individuele Christene en die Kerk min van substansie sal kan bereik. Ons samelewing het desperaat nodig om 'n revolusionêre Kerk gevul met die vuur van God se Gees te sien en te ervaar.

Bid: dat die Kerk haarself sal oopstel vir die krag van die Heilige Gees. (Ef.6:10)

Meer: http://godandpoliticsuk.org/2013/05/18/pentecost-the-churchs-big-bang-moment/