Brittanje: Moslem TV-haatpredikers 'aanhits tot moord'

’n Islamitiese televisiekanaal is met ’n stewige boete getref nadat ’n Moslem-haatprediker aan kykers, regstreeks op die lug, gesê het dat dit die plig van alle Moslems is om enigiemand te vermoor wat disrespek toon vir die profeet Mohammed. Noor TV, 'n Brits-gebaseerde Satelliettelevisiekanaal wat programme oor Islam regdeur Europa uitsaai, is deur die Britse uitsaaireguleerder bekend as Ofcom met $115 000 beboet omdat hy mense aangehits het om moord te pleeg. Ofcom het gesê die boete wat op 21 Augustus opgelê is, was so hoog as gevolg van 'die ernstige aard van die oortredings van die Uitsaaikode'. Dit het gesê jong Moslems wat Noor TV kyk, kan 'geradikaliseer' word en 'gewelddadige en kriminele optrede kan neem as gevolg van die kyk van video's van Moslems met ekstreme sienings'. Die betrokke program, Paigham-e-Mustafa, is 'n geselsprogram wat gemik is op jong Britse Moslems met vrae oor 'n wye reeks kwessies en persoonlike gedrag wat met Islam en Islamitiese leerstellings verband hou.

Bid: teen hierdie neiging om Moslems te radikaliseer en moord aan te blaas. (Mt.5:21)

Meer: http://europenews.dk/en/node/70934