Britse gevangenes word toenemend deur hul medegevangenes gedwing om hulle tot Islam te bekeer, het die gevangenisbeamptevakbond gewaarsku. Moslembendes groei in mag en invloed onder gevangenes en daar is kommer dat hulle kwesbare nuwe aankomelinge teiken – wat tronke 'n teelaarde maak vir ekstremisme. 'Dit is kommerwekkend, en daar was duidelike bewyse van 'n verskeidenheid verskillende voorvalle. Jong mans word geteiken en dan gedwing om hulle tot Islam te bekeer,' het die vereniging se hoofsekretaris, Steve Gillan, aan Sky News gesê. Een vrou wie se broer geboelie word deur 'n bende wat hom probeer dwing om te bekeer, het aan die uitsaaier gesê: 'Hy lyk net soos 'n gebroke man, hy is huilerig op besoeke. Ek is net baie bang vir hom. Hy is fisies aangerand. Hy het swart oë gehad. In die stort is hy met 'n mes gedreig. Hy gaan nie terugdeins nie. Hy gaan hom vir niemand bekeer nie.'
Bid: teen die groei van Moslem-ekstremisme in ons tronke en die druk wat hulle uitoefen om tot Islam te bekeer. (Mt.23:15)