Brittanje derde slegste land vir gesinne in Europa

Brittanje is die derde ergste land in Europa vir druk op gesinne, volgens 'n indeks wat deur die Relationships Foundation saamgestel is. Die dinkskrum se nuwe gesinsdrukmeter vergelyk die druk op gesinne in 27 Europese lande en vind dat gesinne in Brittanje meer sukkel as hul Europese eweknieë onder die gewig van geldbekommernisse, lang werksure en hoë lewenskoste. Slegs gesinne in Roemenië en Bulgarye is meer onder druk geplaas. Die studie het bevind hoewel Britte die langste ure per week in Europa werk – gemiddeld 43 – betaal hulle ook duur daarvoor, met byna 'n kwart van die gesinsinkomste (23,5%) wat aan kindersorg bestee word. Dit kom neer op twee keer die bedrag wat deur gesinne in Frankryk betaal word, drie keer die bedrag wat deur Duitse gesinne betaal word, en vier keer die koste van kindersorg in Swede. Ongeveer een uit elke vyf Britse gesinne met afhanklike kinders (20,9%) ervaar 'moeilikheid' of 'groot moeilikheid' om klaar te kom.

Bid: dat hierdie skokkende statistieke ons regering sal wakker maak vir die behoeftes van gesinne. (Spr.11:29a)

Meer: ttp://www.christiantoday.com/article/britain.third.worst.country.for.families.in.europe/28029.htm