Die aartsbiskop van York, dr John Sentamu het die afskrikende effek van tronkstraf, die erns van vonnisoplegging, die deurslaggewende rol van gemeenskappe en die behoefte aan herstellende geregtigheid in sy Prisoners Education Trust Jaarlikse Lesing bevraagteken. Dr John Sentamu het gesê: 'Ons behoort gepynig en ontsteld te wees oor die grootte van ons gevangenisbevolking in Brittanje, die groot aantal individue wat opgegee het op gemeenskap – en voel dat die gemeenskap opgegee het op hulle. Ons moet liefde en deernis betoon terwyl ons verseker dat geregtigheid gedien word en gesien word om gedien te word'. Dr Sentamu het uiteengesit dat herintegrasie die verklaarde doel van alle regstelsel en strafstelsels moet wees; en dat 'n kultuur van blaam en veroordeling beide die slagoffer en oortreder vervreem. Die aartsbiskop het gesê: 'Om meer en meer mense agter geslote deure weg te sit, vir langer en langer vonnisse, help nie die samelewing nie. Dit help ook nie die individu nie'.
Bid: vir 'n wyer reeks vonnisopsies wat die samelewing en die individu beter sal dien. (Ps.11:7)