Die aartsbiskop van Canterbury het hulde gebring aan die koningin se onbaatsugtige toewyding aan die nasie gedurende haar 60 jaar op die troon. Tydens 'n dankseggingsdiens by St Paul's Cathedral, het dr Rowan Williams die koningin geprys omdat sy die wel en wee van die afgelope ses dekades 'getrou, kalm en mildelik' verduur het. Die aartsbiskop het mense aangemoedig om nie aan hul eie individuele goed te dink nie, aangesien hy besin het dat die blywende herdenking van die vieringe die 'hergeboorte van 'n energieke, vrygewige gees van toewyding aan die gemeenskaplike belang en die staatsdiens' sou wees. Oor die vieringe van die afgelope vier dae, het die aartsbiskop gesê dat 'n hele gemeenskap saam verheug is om die eenvoudige verklaring van toewyding wat gemaak is deur 'n baie jong vrou, weg van die huis, skielik en verwoestend bedroef, 'n verklaring dat sy daar sal wees vir dié wat sy regeer het, dat sy haarself aan hulle toegewy het.'
Bid: vir die Koningin, dankie vir haar toewyding en geloof, 'n voorbeeld vir ons almal. (Ps.45:9a)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/archbishop.praises.queen.for.dedication.to.nation/29999.htm