Aartsbiskop van York: VK se menslikheid op die spel oor bejaardesorg

Die aartsbiskop van York, dr. John Sentamu, waarsku dat 'die nasie se menslikheid op die spel is', tensy die bejaardes teen regeringsbesnoeiings beskerm word. In 'n kommentaarstuk vir The Telegraph erken dr John Sentamu dat besparings in openbare besteding gemaak moet word, maar dring daarop aan om dit 'met omsigtigheid en deernis' toegepas te word. Hy sê sowat 800 000 mense wat spesiale sorg benodig, is 'oud en bang vir môre' nadat hulle spaargeld opgeraak het, al het hulle deur hul belasting bygedra tot die bou van die welsynstaat. Die aartsbiskop sê die samelewing sal beoordeel word deur hoe dit groeiende getalle kwesbare pensioenarisse hanteer, en wys daarop dat die vereiste om na ouer geslagte om te sien, teruggaan na die Tien Gebooie. Maar dr Sentamu voeg by dat die veroudering van die bevolking nie 'n las op die ekonomie hoef te wees nie. Hy sê baie ouer mense spaar die staat geld deur aan te hou werk of hul gades en kleinkinders te onderhou.

Bid: vir bejaardes en dat hulle nie deur regeringsbeleid ontneem word nie. (1Ti.5:4)

Meer: http://www.telegraph.co.uk/financialservices/retirement-finance/9010635/Archbishop-of-York-UKs-humanity-at-stake-over-elderly-care.html