Afghanistan: Bid vir Beskerming en Bevryding

Afghanistan: Bid vir Beskerming en Bevryding

'n Humanitêre organisasie wat in Afghanistan dien, het gevra dat ons vir hierdie desperate situasie bid.

“Bid asseblief vir ons vir die suster wat drie maande gelede op 20 Mei ontvoer is. Op 21 Mei het die ontvoerders 'n Duitse dame en die wag in verband met die ontvoering vermoor. Ons het intussen twee video's ontvang wat deur die boeiers gepubliseer is waar die suster vir haar vrylating gepleit het. In haar eerste video het ons suster vir haar lewe gepleit en die regering van haar tuisland gevra om aan die eise van haar ontvoerders te voldoen. Maar sedertdien het 'n geruime tyd verbygegaan en dit lyk asof die ontvoerders ongeduldig raak. In die tweede video praat sy oor haar teleurstelling dat haar geboorteland haar nie help nie en weer pleit vir haar lewe. Sy is blykbaar onder groot druk en is gedwing om te deel oor ander eendersdenkende organisasies in die land en om uitsprake te maak wat vir haar gevaarlik kan wees. Ons is baie bekommerd oor ons jong suster en ons harte was ontroer toe ons hierdie video sien. Sy is in die hande van baie wrede mense en dit is 'n baie moeilike situasie vir haar, veral omdat sy voel dat sy deur haar regering en ander in die steek gelaat word en met nie veel hoop om bevry te word nie. - Kom ons bid dat sy binnekort ongedeerd vrygelaat sal word
- Bid asseblief ook haar organisasie en die regering wat moeilike besluite moet neem.
- Bid ook dat ons en ander eendersdenkende organisasies in die land nie in gevaar gestel sal word deur inligting wat sy gedwing kan word om te deel nie.

Bid vir God se beskerming oor ander wat in hierdie benoude en verswakte nasie dien. Tree in vir die omverwerping van geestelike magte van duisternis en vernietiging wat die Taliban en ISIS beheer wat voortgaan om terreur en dood oor wye dele van die land se grondgebied te saai.