Bid vir Turkye se Nasionale Gebedsinisiatief, 18-21 Mei 2016

Bid vir Turkye se Nasionale Gebedsinisiatief, 18-21 Mei 2016

Geagte Gebedsvennote vir Turkye en die Midde-Ooste,

Groete in die naam van ons Here en Verlosser Jesus Christus!

Ons, die United Prayer Movement (UPM), beplan 'n internasionale gebedsbyeenkoms van voorbidders en aanbidders van Turkye en die res van die wêreld in 2016. Hierdie byeenkoms sal by Kapadokya (Cappadocia) in Turkye wees van 18 tot 21 Mei, 2016.

Die doeleindes van hierdie gebedsbyeenkoms is vir;

1. die voortgesette geestelike deurbraak en herlewing in Turkye
2. vrede en bevordering van God se koninkryk in die Midde-Ooste

3. Messias se hoofweg voor te berei vir Sy wederkoms.

Ons tema, wat ons doelwitte vir die UPM-byeenkoms in Kapadokya opsom, is:

Staan op, Skyn! – ’n Lig vir die nasies

"Staan op, word verlig, want jou lig het gekom, en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op." (Jesaja 60:1)

As die Here wil, bid ons om ongeveer 800 mense te mobiliseer vir hierdie gebedsbyeenkoms:
300 Turkse pastore en kerkpredikante, 200 (buitelandse) werkers in Turkye, en 300 gebedsvennote van die res van die wêreld. Daar sal ook gebedspanne uitgaan in die dae voor die inisiatief om elke provinsie in die land te bid.

Vrede vir jou,

Beplanningskomitee vir "2016 Kapadokya UPM"

Kom ons bid vir die reëlingskomitee vir Sy wysheid, eenheid, duidelikheid en beskerming. Bid ook vir honderde deelnemers van binne Turkye en ander nasies om te kom bid vir Sy deurbraak in hierdie, een van die mees onbereikte nasies in die wêreld met slegs sowat 8000 gelowiges uit 'n bevolking van 80 miljoen. Bid vir die sterk salwing en leiding van die Heilige Gees en vir uitstekende sekuriteit en God se behoudende krag om hierdie byeenkoms te omring.