Europa se migrantekrisis het ons spesiale gebed nodig!

Europa se migrantekrisis het ons spesiale gebed nodig!

Duitsers wat teen massamigrasie gekant is, is "vry om te vertrek"

deur Soeren Kern • 24 November 2015

Nadat gesinsherenigings ingereken is, kan die werklike aantal migrante 10 miljoen oorskry, en sommige meen dat Duitsland se Moslembevolking op pad is om teen 2020 byna vervierdubbel tot 'n verstommende 20 miljoen.

N24 televisienuus berig dat tot 50% van die asielsoekers wat in Duitsland aankom, gaan wegkruip het en hul verblyfplek is onbekend deur Duitse owerhede.

"Dit kan nie wees dat oortreders aanhou om die polisielêers in te vul, ons fisies seermaak ... en daar is geen gevolge nie. ... Ons verloor beheer oor die strate." — Tania Kambouri, 'n Duitse polisiebeampte.

"Ons sluit niemand uit nie, ons probeer net 'n besigheid bedryf. As ons die klagtes van ons vroulike gaste ignoreer, moet ons verwag dat baie van ons gereelde kliënte sal wegbly.... Finansieel weet ons nie hoe lank kan ons dit hanteer.” - Thomas Greil, bestuurder van die diskoteek "Brucklyn," Bad Tölz, Beiere.

"Ons plant vinniger en vinniger voort. Julle Duitsers kry geen kinders nie. In die beste geval kry julle twee kinders. Ons maak sewe tot agt kinders. Goed maat? En dan vat ons vier vrouens elk, dan het ons 22 kinders. Miskien julle Duitsers het een kind en 'n hond. Huh? En dit is dit." — Video wat wys hoe 'n Moslem 'n Duitse man openlik op straat dreig.

In Berlyn oorweeg wetgewers noodwetgewing wat plaaslike owerhede sal toelaat om beslag te lê op private wonings om asielsoekers te akkommodeer. Die voorstel is geheim gehou vir die publiek tot 9 November, toe die leier van die Vrye Demokrate (FDP) in Berlyn gewaarsku het die maatreël sal die Duitse Grondwet oortree. Berlynse burgemeester, Michael Müller, wil nou die omvang vir lasbrieflose inspeksies uitbrei om "die voorkoming van haweloosheid" in te sluit.

“Dieselfde empatie wat ons vir vlugtelinge toon, moet ons aan ons eie mense, die gasheersamelewing, betoon.” - Burgemeester Ulrich Maly, Neurenberg.

Duitse kanselier Angela Merkel (links): "Die kanselier het die situasie onder beheer. Ek het my visie. Ek sal daarvoor veg."

Asielsoekers van Afrika, Asië en die Midde-Ooste gaan voort om in rekordgetalle Duitsland in te stroom, ondanks ysige temperature en sneeu.

Meer as 180 000 migrante het gedurende die eerste drie weke van November aangekom, op koers om die vorige maandelikse rekord van 181 000 migrante wat in Oktober aangeteken is, te oortref.

Met 300 nuwelinge wat nou elke uur aankom, sal Duitsland na verwagting meer as een miljoen asielsoekers in 2015 ontvang, en minstens soveel in 2016. Nadat gesinsherenigings in berekening gebring is, kan die werklike aantal migrante 10 miljoen oorskry, en sommige meen dat Duitsland se Moslembevolking is op pad om teen 2020 byna vervierdubbel tot 'n verstommende 20 miljoen.

Bid asseblief vir Europa en sy leiers wat probeer om die groot migrante-uittog uit Sirië, ander Midde-Oosterse lande sowel as dié uit Afrika en selfs Sentraal-Asië die hoof te bied wat probeer om 'n beter lewe te soek. Bid dat die Christene en kerke sal weet hoe om die Goeie Nuus te dien en met hierdie desperate mense te deel. Dit is 'n groot geleentheid, maar ook een wat gepaard gaan met die risiko van die verdere uitvoer van Islamitiese terrorisme. Bid ook vir Sy beskerming oor hierdie nasies.