Viva se Wêreldnaweek van Gebed 2011

Viva se Wêreldnaweek van Gebed 2011

Die Wêreldnaweek van Gebed is 'n internasionale gebedsgeleentheid wat die eerste naweek in Junie (3de, 4de, 5de) 2011 in Oxford, VK, sal plaasvind. Die tema is “Saam”. In vorige konferensies is gebedsboekies in 15 verskillende tale gepubliseer, insluitend 'n kindervriendelike hulpbron; daar word gehoop dat hierdie en ander hulpbronne in 2011 voorsien sal word. Viva moedig kindervoorbidding aan vir kinders in gevaar, volwassenes wat verpligtinge onderteken om vir kinders te bid, organisasies wat gereelde gebedsbyeenkomste begin vir kinders in gevaar, en nog baie meer. (www.viva.org)

Bid asseblief:
1. Vir Viva om die finansiële en organisatoriese hulp te bekom wat nodig is vir hierdie gebedsgeleentheid.
2. Dat deelnemers op hul beurt dit wat hulle opgetel het na tuisdorpe/stede sal terugdra en dat daar 'n merkbare impak is ter wille van kinders in gevaar.
3. Vir God se beskerming oor hierdie konferensie en oor kinders in gevaar.