HAITI—Een jaar later

HAITI—Een jaar later

Joel News het berig dat meer as 230 000 gesterf het in die 12de Januarie-aardbewing van 2010. Die land word steeds herbou. Baie noodlenigingsagentskappe en kerke werk steeds daaraan om die armste land in die Westelike Halfrond te transformeer. www.joelnews.org

Bid asseblief:
1. Vir goed gekoördineerde noodlenigingspogings.
2. Vir goeie werksverhoudinge met die regering en die noodlenigingsagentskappe.
3. Vir 'n gees van samewerking, geduld en dankbaarheid onder die ontheemde burgers.
4. Vir genesing van die beseerdes en vir die hartseer van diegene wat geliefdes verloor het.
5. Vir vrymoedigheid van Christelike noodlenigingswerkers om die evangelie van Christus Jesus mondelings te deel, benewens hul fisiese versorging.
6. Vir weerstoestande wat sal voorsiening maak vir voortgesette opruimingsvordering.